Your Recipe Blog

MAKLIKE KOEKSTRUIF – TRIFLE

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4 mense

MAKLIKE KOEKSTRUIF – TRIFLE

Maklikste trifle ooit en ‘n wenner met my gesin jaar in en jaar uit. Ek sit hom aan mekaar vorige aand, maar volgende dag sit ek die room op en maak mooi.
Vir 4 mense. Jy kan vermeerder soos jy wil.

  • 1 rolkoek (swiss roll), in skywe gesny
  • 1 Madeira brood
  • 1 blik ingelegde vrugte kelkie met kersies
  • 1 liter vla (long life werk ook)
  • 3 verskillende kleure jellie, klaar aangemaak en gestol
  • koffie likeur of Sherry of enige likeur van jou keuse
  • 1 houertjie room, vir bo op
  • vars blou bessies en Maraschino kersies

Pak die bak eers uit met rolkoek skywe.
Sprinkel likeur oor al die koekskywe in die bak.
Pak nou lae van jellie, vla, vrugte en gesnyde koek.
Bedrip elke laag koek.
Maak mooi met geklopte room en versier met bessies en kersies.
Hou in die yskas tot bedien word.

Resep en foto: Lee Esterhuizen‎

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page