Your Recipe Blog

MAKLIKE KERRIEBOONTJIES

| Servings: 8 x 500 ml flesse

MAKLIKE KERRIEBOONTJIES

  • 2 kg groenboontjies, punte afgesny en elke boon in drie gesny
  • 1 kg middelslag-uie, gehalveer en in skywe gesny
  • 15 ml sout
  • 1 ½ liter koue water
  • 500 ml natuurlike druiweasyn
  • 500 ml witsuiker
  • 45 ml matige kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 90 ml mielieblom
  • 125 ml natuurlike druiweasyn (ekstra)
Plaas die groenboontjies in ‘n kastrol. Voeg die uie, sout en koue water by die bone.
Prut met die deksel op tot groente sag is.
Voeg die natuurlike druiwe-asyn en witsuiker by en roer totdat die suiker opgelos het.
Meng die  kerriepoeier, borrie en mielieblom met die 125 ml natuurlike druiwe-asyn.
Roer in by bone, bring vloeistof tot kookpunt en kook tot sous verdik.
Verwyder van stoof en skep in warm gesteriliseerde flesse.
Sit voor met koue vleise of by braaivleis as ‘n bygereg.

Wanneer oopgemaak is, bêre in die yskas.

Foto en resep: Louisa Hollenbach

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page