Your Recipe Blog

MAKLIKE KARRINGMELKKOEK

Recipe by
Cook: 30 minute + 10 minute | Servings: 1 medium koek

MAKLIKE KARRINGMELKKOEK

Mens het nie eers ‘n menger nodig vir hierdie heerlike koek nie – roer sommer met ‘n lepel en gebruik diesefde bak vir die beslag en die bolaag.

  • Koek:
  • ¼ koppie baie sagte botter
  • 1 koppie ligte bruin suiker
  • 1 groot eier
  • 1 koppie karringmelk
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 1 teelepel koeksoda
  • ½ teelepel sout
  • 1½ koppie koekmeel
  • Bolaag:
  • 3 eetlepels gesmelte botter
  • ½ koppie bruin suiker
  • 2 eetlepels melk
  • ⅛ teelepel sout
  • ¾ koppie gekapte pekanneute

Vir die koek:
Meng die botter en suiker saam tot glad. Voeg die eier, karringmelk en vanilla by en roer tot glad.
Strooi die meel, koeksoda en sout bo-oor die eiermengsel en roer tot glad. Giet die beslag in ‘n voorbereide 22 cm koekpan en bak vir 30 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC.

Vir die bolaag:
Wanneer die koek vir 20 minute gebak het, berei die bolaag voor.
Meng die botter, suiker, melk en sout saam totdat ‘n gladde mengsel vorm. Voeg die pekanneute by en meng.
Na 30 minute, wanneer die koek gaar is, haal die koek uit die oond en skep die bolaag oor die koek.
Plaas die koek terug in die oond en bak verder vir 10 minute teen 180ºC.

Resep en fotos: Erica Cosijn

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page