MAKLIKE KARAMEL VLA
Mans kan heel vindingryk raak as hul lus is vir iets lekkers. Hier het hy gewone vla gemaak met bruinsuiker i.p.v. wit suiker…dit proe soos karamel maar net nie so soet nie. Beslis ‘n wenner.
- ± 1 liter melk
- 3 opgehoopte eetlepels vla poeier
- 4 eetlepels klewerige bruinsuiker
Kook melk in mikrogolf vir 1 minuut.
Meng vlapoeier met klein bietjie melk in koppie en voeg by res van die warm melk, meng goed.
Kook in mikrogolf vir 1 minuut en roer – herhaal die stap tot die vla verdik.
Gooi suiker by en roer goed deur.
Geniet!
Resep en foto: Esme Scheepers van Wyk