Your Recipe Blog

MAKLIKE KAASWORSPASTEI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 - 40 min

MAKLIKE KAASWORSPASTEI

Al die hoeveelhede hang af van hoeveel pasteie jy wil maak, pas aan na gelang.

  • 1 rol skilferkorsdeeg “puff pastry”
  • kaasworsies “Cheese grillers of cheese russians”
  • mayonnaise
  • cheddar kaas, gerasper
  • Aromat
  • geklitste eier

Maak eers die kaasworsies bietjie gaar en laat afkoel.
Sny deeg in lang stroke, breed genoeg om reg om die worsie te kan vou.
Smeer mayonnaise in die middel van elke stook.
Plaas die worsie op die deeg en sny weerskante van die deeg so 1 tot 2 cm kepe sodat dit toe gevleg kan word.
Sit kaas en Aromat bo-op die worsies en vleg toe.
Smeer eier oor die gevlegte deeg met ‘n kwas, sodat dit lekker bros en bruin kan bak.
Sit in voorverhitte oond (180 ºC) en bak vir so 30 tot 40 min tot gaar.

Foto en resep:  Nicolene Jansen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page