MAKLIKE KAAS VETKOEKIES MET VARIASIES
Resep en foto: Renate Visser
Ek het vanaand kaas vetkoekies gebak. Baie lekker.
- Meng die volgende saamen hou eenkant:
- 250 ml koekmeel
- 250 ml gerasperde kaas
- 5 ml bakpoeier
- knippie sout
- Meng die volgende saam:
- 125 ml melk
- 1 eier
- Ekstra:
- olie om in te bak
- Meng die mengmengsel by die meelmengsel in, meng goed tot ‘n gladde deeg.
- Plaas die olie in ‘n dieperige kastrol en maak matig warm, nie te warm nie, dan gaan die vetkoekies te vinnig bruin word.
- Skep eetlepels vol beslag in matige warm olie tot goudbruin.
- skep uit op kombuispapier en bak tot al die beslag klaar is.
- Variasies: Morgana VientoLameculos
- Kap ‘n ui lekker fyn, so bietjie knoffel en kruie, meng in die deeg in.
- Voeg so bietjie borrie, fyn droë rissies en knoffel by die meelmengsel, waarby ‘n ½ koppie Maizena gevoeg is. Meng deeglik tot’n slap deeg, teelepels vol in warm olie, en jy het Chilli Bites.
- Voeg 2 eetlepels suiker, bietjie klapper en pypkaneel by. Bak tot goudbruin. Drip so klein bietjie goue stroop oor. Heerlike soethappie saam met koffie of tee.
- Meng kan ook heel pitmielies, fyn gemaakte groente of gerasperde polonie of boelie beef bysit na smaak.
- Voeg paprika en rooipeper by na smaak.
Category:

