MAKLIKE GEBAKTE SAGOPOEDING
Resep en foto: Bernice Walters
- 1 liter melk
- 250 ml sago
- ½ teelepel sout
- 10 ml vanilla geursel
- 4 eiers
- 12,5 ml botter of margarien
- 1 eetlepel appelkooskonfyt
- 4 eetlepels suiker
- neutmuskaat en kaneel, om oor te strooi
Week die sago in 250 ml water terwyl die melk warm gemaak word, en dreineer.
Hou 250 ml melk uit en kook die res saam met 12.5 ml botter.
Voeg sago by kokende melk in ‘n pot op die stoof.
Roer en kook sago tot deurskynend op lae hitte vir omtrent 20 minute.
Voeg suiker en sout by.
Klits eiergele saam met die 25o ml melk.
Voeg die eiergeelmengsel by die sagomengsel in die pot.
Kook stadig en roer tot verdik.
Voeg vanilla en konfyt by en roer deur. Klits die eierwitte styf.
Haal pot van die stoof af, en VOU die stywe eierwitte by die sagomengsel in die pot.
Skep die mengsel in ‘n oondvaste bak ongeveer 35 x 22 cm.
Sprinkel bietjie neutmuskaat en kaneel bo oor.
Bak in die oond op 160°C vir 45 minute.
Nota: Rina Kleinhans
Ek het meer konfyt ingesit na smaak




SIMPLY THE BEST !!
BAIE DANKIE VIR HIERDIE FANTASTIESE RESEP.
DIS BY VERRE DIE BESTE VAN ENIGE ANDER
GEBAKTE SAGO POEDING WAT EK AL GEMAAK
HET. NOGMAALS DUISEND DANKIES !!
Ek stem, maklikste, lekkerste resep!!!
Dankie die poeding is baaie lekker