Your Recipe Blog

MAKLIKE GEBAKTE SAGOPOEDING

Avatar photo
Recipe by

MAKLIKE GEBAKTE SAGOPOEDING

  • 1 liter melk
  • 250 ml sago
  • ½  teelepel sout
  • 10 ml vanilla geursel
  • 4 eiers
  • 12,5 ml botter of margarien
  • 1 eetlepel appelkooskonfyt
  • 4 eetlepels suiker
  • neutmuskaat en kaneel, om oor te strooi

Week die sago in 250 ml water  terwyl die melk warm gemaak word, en dreineer.
Kook 250 ml melk met 12.5 ml botter.
Voeg sago by kokende melk in ‘n pot op die stoof.
Roer en kook sago tot deurskynend op lae hitte vir omtrent 20 minute.
Voeg suiker en sout by.
Klits eiergele en die res van die melk saam.
Voeg die eiermengsel by die sagomengsel in die pot.
Kook stadig en roer tot verdik.
Voeg vanilla en konfyt by en roer deur.  Klits die eierwitte styf.
Haal pot van die stoof af, en voeg die stywe eierwitte by in die pot en VOU in.
Skep die mengsel in ‘n oondvaste bak.
Sprinkel bietjie neutmuskaat en kaneel bo oor.
Bak in die oond op 160°C vir 45 minute.

Resep en foto: Bernice Walters

2 Reviews

  1. Marinda Nagel

    SIMPLY THE BEST !!

    BAIE DANKIE VIR HIERDIE FANTASTIESE RESEP.

    DIS BY VERRE DIE BESTE VAN ENIGE ANDER

    GEBAKTE SAGO POEDING WAT EK AL GEMAAK

    HET. NOGMAALS DUISEND DANKIES !!

    Star
  2. Serena Hesebeck

    Ek stem, maklikste, lekkerste resep!!!

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page