MAKLIKE EN VINNIGE KOEKOESSLAAI
Resep geplaas en foto:Tanya Smith
Ons het gisteraand by buurvrou gebraai en sy het hierdie gemaak. Eerste keer in my lewe wat ek koeskoes geëet het en dit was heerlik verby.
- 1 koppie koeskoes
- 1 koppie kookwater
- ongeveer 50 ml olie
- ½ groen soetrissie, fyngekap
- ½ ui, fyngekap
- 1 klein pakkie bosbessies (cranberries) of rosyne
- So handvol vars pietersielie, fyn gekap
- Fetakaas na smaak, gekrummel
- Meng die koeskoes, kookwater en olie saam. Sit ‘n deksel op en laat staan totdat al die water geabsorbeer is en die koeskoes lekker los gemaak kan word met ‘n vurk. Laat heeltemal afkoel.
- Meng die res van die bestanddele by die koeskoes in en bedien.
- Variasies:
-
Retha Winterbach: Ek gooi sardientjies en mayonnaise by.
Rihandi Nel: Klein tamaties, komkommer, basiliekruid en feta.
Petra Vorster: Ek meng gewoonlik gesnipperde- corriander en sondroog tamaties (die in vloeistof) met die gaar koeskoes. Heerlik!!!!

