MAKLIKE EN VINNIGE BRUISMEEL VETKOEK
“Heuningbostee en vars maklike en vinnige gebakte vetkoek… met appelkooskonfyt natuurlik. Lekker en nie olierig nie. Die probleem is nou die selfbeheersing toepas en te bly by die 2 wat ek al geëet het. Resep aangepas.”
- 500 g bruismeel
- 300 ml karringmelk (maak dit self as jy kan- 3 eetlepels asyn by 300 ml varsmelk en roer)
- 1 eetlepel kookolie
- 2 eetlepels suiker
- 1 teelepel sout
- kookolie vir vlak braai
Meng al die bestanddele tot goed gekombineer in staanbroodmenger.
Haal uit en maak balle so groot soos golfballe, Druk die balle ‘n bietjie plat.
Bak in vlak warm olie tot mooi goudbruin.
Nota:
Ek het 13 handpalm grootte vetkoeke uit gekry.
Resep en foto: Ria Posthumus