MAKLIKE EN HEERLIKE ROTI
Die rootie resep is uit Pick ‘n Pay se kook en kuier boek. Het oorblywende potjie op ‘n oorblywende rootie geskep saam met ‘n bietjie Bulgaarse yogurt en was nog lekkerder.
- 4 koppies koekmeel
- 1 teelepel sout
- 1 eetlepel canola olie
- 1 ½ koppie water
Meng die koekmeel en sout in ‘n bak.
Voeg die olie en water bietjies, bietjies by en meng om ‘n deeg te vorm.
Knie die deeg op ‘n liggies meel bestrooide blad vir 5 – 8 minute.
Bedek met ‘n klam vadoek en laat rus vir 10 – 15 minute.
Rol die deeg uit in ‘n groot skyf van 1 mm dik (ons het dit in twee gedeel) en verf oral met sagte botter en sprinkel ‘n bietjie meel oral.
Rol die deeg op om ‘n deegwors te vorm.
Sny die wors in 12 – 14 stukke en rol elke stuk in ‘n groot ronde skyf van 2 mm dik en herhaal die vorige twee stappe.
Vorm dan ‘n S met die gerolde wors en vou die boonste helfte oor die onderste helfte soos ‘n spiraalvorm.
Strooi bietjie meel oor en druk liggies plat en rol weer uit in ‘n sirkelvorm tot 2 mm dik.
Plaas eenkant tot gebak moet word.
Verf elke kant van die roti met canola olie en bak in ‘n warm pan vir 45 sekondes tot 1 minuut aan elke kant tot mooi goudbruin.
Resep geplaas deur en foto: Gideon Louw