MAKLIKE DONUTS
- 2 koppies bruismeel
- knippie sout
- 1 koppie Griekse jogurt (niks meer, al lyk dit te min)
Sif meel, voeg jogurt by en meng met mes. Werk daarna met hande tot sagte hanteerbare deeg.
Vorm soos verlang en braai in olie tot gaar.
Dreineer op kombuispapier.
Sodra behoorlik afgekoel, versier met geklopte room en sif versiersuiker oor.
Kan ‘n kersie of stukkie konfyt ook opsit.
Die kinders is mal daaroor!
Resep en foto: Gillian Kruger Vermeulen
Foto 2: Benhet Nieuwenhuis
Foto 3: Corrie Volschenk (Ek het toe die donuts met Bliss jogurt gemaak. Baie lekker uitgekom.)
Foto 4: Lizl Smythe – het vanoggend gou gemaak beslis ‘n wenner
Ek gaan dit verseker probeer, lyk baie maklik