MAKLIKE BRUISMEEL BESKUIT
- 1 kg botter
- 4 koppies suiker
- 4 ekstra groot eiers
- 4 koppies lou water
- 3 kg bruismeel
- 4 teelepels bakpoeier
- 4 teelepels sout
Room botter en suiker saam.
Sif bruismeel, sout en bakpoeier saam.
Klits die lou water en die eiers saam.
Voeg nou die droë bestanddele om die beurt met die lou water en eiers by die bottermengsel.
Meng goed en skep in 2 oondpanne van 50 x 34 mm wat met kleefwerende middel gespuit is.
Indien jy die drukkerpanne gebruik, druk die snyer in die deeg voor jy bak. Haal die snyer uit.
Bak vir nagenoeg 30 minute teen 180 ºC tot gaar toets.
Laat effens afkoel en sny stukkies so groot soos verkies.
Droog uit teen 70ºC tot heeltemal droog.
Geniet.
Foto en resep: Dalene Venner