MAKLIKE BRAAI PAPTERT
Dit is rou mieliemeel en nie gaar pap nie – dit is wat die tert so maklik maak!
- 2 koppies braaipap of gewone mieliemeel
- 2 blikkies roommielies (sweetcorn)
- 1 blik heelmielies, helfte van water afgegooi
- 2 teelepels bakpoeier
- 3 teelepels suiker
- 2 teelepels sout
- rooipeper na smaak
- 500 ml room
- 2 koppies gerasperde Cheddar kaas
Meng alles goed deur.
Skep in ‘n oondvaste bak met deksel of sit foelie oor.
Bak vir ongeveer 1 uur by 180ºC.
Heerlik die volgende dag as dit koud is met bietjie botter!
Resep geplaas deur Heiner Lange
Foto: Christelle Coetzer