MAKLIKE BOELIEBIEF POFFERTJIES
- 500 ml water
- 30 ml botter
- 250 ml koekmeel
- 1 blik (300 g) boeliebief, fyn gekap (corned beef)
- 4 ekstra groot eiers, geskei
- sout en rooipeper na smaak
- olie vir diepvetbraai
Bring die water en botter tot kookpunt in kastrol.
Voeg die koemeel alles op een slag by en roer vinnig met ‘n houtlepel tot dit van die kastrol se kante wegkom en ‘n bol vorm.
Verwyder van die hitte en voeg die boeliebief by.
Roer die eiergele, sout en rooipeper by.
Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm. Vou die eierwitte by die mengsel in.
Braai lepelsvol in vooraf verhitte olie tot goudbruin en gaar.
Dreineer op handdoekpapier en sit warm voor.
Resep en foto: Amanda Austen