MAKLIKE BESKUIT VIR SNYPANNE
- 1.5 kg bruismeel
- 1 teelepel sout (ek gebruik 2 teelepels)
- 2 koppies suiker, wit of bruin
- 500 g “Nutsy crunch” muesli (pers pak)
- ½ koppie sonneblomsaad
- 125 g margarien, gesmelt
- 2 – 3 eiers, geklits
- 500 ml karringmelk, ek gebruik 250 ml karringmelk en 250 ml ingedampte melk
- 300 ml olie
Meng die droë bestanddele in ‘n groot mengbak.
Voeg die nat bestanddele in ‘n aparte bak en klits goed.
Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele in die groot bak, meng met die hande en knie die deeg uit.
Deel die mengsel in die helfde en plaas in 2 beskuitpanne van 45 x 45 cm.
Druk die deeg gelyk bo-op in die panne en sny in blokkies met die snyers, jy kan die deeg met ‘n mes ook sny in 5 x 5 cm blokkies, dis jou keuse.
Bak die beskuit in ‘n voorverhitte oond by 150 – 160ºC vir 1 uur.
Keer die beskuit uit, breek dit in stukke en pak die beskuit op ‘n droograk in die oond en droog vir 2 – 3 ure teen 70ºC met ‘n houtlepel in die oonddeur.
Lekker bak julle.
Resep en foto: Elandre Renken