Your Recipe Blog

MAKLIKE BALLETJIES DONUTS

MAKLIKE BALLETJIES DONUTS

  • 340 ml koekmeel
  • 250 ml lou melk (benodig dalk nog 2 – 3 eetlepels ekstra)
  • 1 pakkie gis (10 g)
  • olie, vir diep braai

Meng melk en gis. Meng by die meel in.
Indien die deeg nie taai genoeg is nie sit die estra melk by.
Maak deeg toe en laat rys.
As dit klaar gerys het, skep dit in ‘n geoliede “piping bag”. Moenie te veel roer nie, lig borrels gaan uit gaan.
Sit ‘n pot op die stoof en maak die olie warm.
Uit die “piping bag” druk balletjie en sny af, direk in die olie in.
Braai tot lig bruin, skep in die stroop/heuning of gekookte suiker water.

Suikerstroop:
Kook 180 ml water en 250 ml suiker saam tot dit ‘n stroop word.

Haal die bolletjies uit die stroop en sit in gesmelte sjokolade, kaneel en suiker of neute.
Eet en geniet.

Foto en resep: Arisce Stander

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page