MAKLIKE ASPERSIETERT
- Kors – meng die volgende en verkoel:
- 70 g smeer
- 100 g koekmeel, gooi maar nog by as jy voel dit kort meel
- 60 g gerasperde kaas
- knippie paprika
- knippie sout
- Vulsel:
- blik aspersies
- 200 ml suurroom
- 25 ml koekmeel
- 5 ml bakpoeier
- 2 ml mosterd
- 1 groot ui, gekap en gebraai
- sampioene, opsioneel
- 50 g gerasperde kaas
- sout, peper
- 3 eiers, effens geklits
Ek het sommer bietjie sampioensoppoeier bygesit vir smaak.
Voor verhit die oond by 180 ºC. Druk die deeg in ‘n voorbereide oondbak vas om ‘n kors te vorm. Steek gaatjies met ‘n vurk in die deeg en bak tot effe verkleur. Giet vulsel in die kors, strooi gerasperde kaas bo-oor en bak so 35 tot 40 minute.
Resep en foto: Sonja Zino