MAKLIKE ANZAC KOEKIES
Dit is vandag Anzac Day in NZ…so in herinnering het ons Anzac koekies gebak.
- 125 g botter/margarien
- 80 g gouestroop
- 115 g hawermout
- 150 g koekmeel
- 100 g bruinsuiker
- 70 g klapper
- knippie sout
- 1 teelepel koeksoda
- 1 eetlepel kookwater
Verhit botter en stroop tot gesmelt.
Meng hawermout, meel, suiker, klapper en sout saam.
Meng die koeksoda met die kookwater en roer dit by die stroopmengsel.
Voeg nat- by droë bestanddele en meng goed.
Vorm in balletjies.
Plaas op ‘n bakplaat, uitgevoer met bakpapier.
Druk balletjies plat met ‘n vurk, en bak by 170ºC vir ongeveer 12 minute (vir sagter koekies en ligter van kleur), of 14 – 15 minute (vir fermer en donkerder koekies).
Laat afkoel.
Nota:
Die koekies is sag as dit uit die oond kom, maar raak harder soos dit afkoel.
Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs