Your Recipe Blog

MAKHMALI MURGH KARAHI / FLUWEEL HOENDERKERRIE

Cook: 45 - 60 minute | Servings: 4 porsies

MAKHMALI MURGH KARAHI / FLUWEEL HOENDERKERRIE

Ons hou van sterk gegeurde kerrie. Nie so sterk dat jy met die brandblusser langs jou sit nie, maar dit moet soos kerrie proe. Ons oudste seun het ons vanaand bederf by ons huis en vir ons ‘n heerlike Indiese kerrie gemaak. Uit die heupe uit lekker, hier is sy resep en fotos.

  • 1 kg hoenderstukke
  • 1 ½ teelepels borrie
  • 3 teelepels rissiepoeier
  • 2 teelepels fyn koljander
  • 1 teelepel komynsaad
  • 2 teelepels knoffel
  • 1 ½ ui, geskil en opgesny
  • 8 groen rissies
  • 500 g Kasjoe-neute
  • 6 eetlepels ongegeurde jogurt
  • 1 teelepel masala of kerriepoeier
  • sout na smaak
  • 300 ml water
  • 2 rissies, opgekap

Braai die hoender in ‘n groot genoeg kastrol met bietjie olie op die stoof op hoë hitte vir 5 minute.
Voeg die borrie, rissiepoeier, koljander en komyn by en braai vir 4 – 5 minute op hoë hitte.
Voeg die knoffel by en braai 3 minute op medium hitte.
Voeg die ui, 8 rissies, neute en jogurt in ‘n voedselverwerker en verwerk tot dit ‘n pasta vorm.
Voeg die pasta en die masala of kerriepoeier by die hoender en meng deur.
Braai die hoender met al die geurmiddels verder vir 10 minute op medium hitte.
Voeg die water by, plaas die deksel op die kastrol en kook vir 10 minute op lae hitte.
Proe die gereg en voeg sout by na smaak.
Verwyder die deksel en kook die gereg tot die sous verdik.
Voeg 2 gekapte rissies by en kook vir 10 minute.
Garneer die gereg met fyn gekapte pietersielie of koljanderblare en bedien saam met rys of naanbrood.

Nota:
Ek het bietjie gewone jogurt saam myne geëet, heerlik.

Resep: Ryno Brand
Foto: Lorraine Weitz Brand

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page