Your Recipe Blog

MAKATAANKONFYT

MAKATAANKONFYT

My eerste probeer slag met makataan konfyt… 100% ✔️ en heerlik!

  • Makataan fynkonfyt:
  • 500 g makataan
  • 750 g suiker
  • 100 g Frisco “creamy coffee” poeier
  • wynsteensuur
  • gemmer
  • kaneel

Vir elke 500 g makataan gebruik 750 g suiker.
Sny die makataan in klein stukkies.
Strooi suiker daaroor.
Laat oornag staan.
Voor jy begin kook, strooi  ‘n bietjie wynsteensuur, gemmer en kaneel oor na smaak.
Kook oor matige hitte en roer gereeld tot die stroop dik word. Toets op ‘n koue piering.
Sit die koffie by net voor die stroop klaar is.
Bottel in skoon voorbereide bottels met deksels wat goed seël.

Wenk:
Ek het al van die konfyt geëet waarin klein stukkies heel gemmer bygevoeg is. Laat dan die fyn gemmer weg.

  • Makataanstukke:
  • 1 groot makataan
  • Kalkoplossing:
  • 12.5 ml kalk
  • 3.6 liter water
  • Stroop:
  • 500 g suiker en 1 liter water vir elke 500 g vrugte
  • sap van 1 suurlemoen
  • knypie sout
  • 5 stukke gemmer, gekneus

Sny die makataan in stukke, verwyder die groen skil en sagte binneste van elke stuk sodat jy net met die wit skil gedeelte oorbly.
Sny wit skil gedeelte in stukke.
Prik elke stuk baie goed met vurk en weeg die stukke. Meng die kalk en water en sorg dat die kalk goed opgelos is.
Plaas die stukke oornag in die kalkoplossing. Plaas gewig op die stukke om te verseker dat al die stukke onder die kalkwater bly.
Spoel die stukke die volgende dag baie goed (baie belangrik) af en laat in skoon water week vir ten minste 2 uur.
Plaas skoon water in ‘n groot kastrol en verhit tot kookpunt.
Voeg stukke een vir een in die kookwater terwyl water voortdurend kook. Indien water ophou kook, sal stukke pap word.
Kook tot die stukke helder is, en ‘n tandestokkie maklik daardeur gesteek kan word. Dreineer die water af.
Berei stroop van 500 g suiker en 1 liter water vir elke 500 g vrugte en verhit tot kookpunt.
Suig die stroop deur ‘n doek en plaas die skoon stroop terug in die kastrol.
Verhit weer tot kookpunt en voeg res van bestanddele by.
Voeg stukke een vir een by kokende stroop en kook tot stukke helder en deurskynend is.
Pak in skoon gesteriliseerde bottels  met deksels en verseël.

Resep geplaas deur Madeleine Mettler Smith
Foto: Madeleine Mettler Smith

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page