Your Recipe Blog

MAKATAAN KONFYT EN BLATJANG (jdp)

MAKATAAN KONFYT EN BLATJANG (jdp)

  • Vir die konfyt
  • makataan
  • pynappel
  • suiker

Skil skywe van die makataan dun af, verwyder die pitte en kerf die hele vrug of maal deur 13 mm sif
Weeg dit en voeg 1 kg gerasperde pynappel by vir elke 4 kg makataan.
Voeg 500 ml water by die 5 kg vrugte en kook vir 15 minute lank.
Voeg 375 g suiker by vir elke 500 g vrugte. (4 kg makataan + 1 kg pynappel = 5 kg dws. 3.75 kg suiker per 5 kg)
Roer tot suiker opgelos is en kook klaar soos vir fyn appelkooskonfyt.
Bottel warm.

WENK :
Indien die dik wit gedeelte van die makataan gebruik word vir heelstuk konfyt kan die binneste deel gebruik word vir die fyn konfyt.

  • Vir die Blatjang:
  • 2 liter fyn makataan konfyt
  • 4 gekapte uie
  • 3 koppies pynappel blokkies
  • 2 koppies asyn
  • 15 ml kerrie
  • 10 ml gemmer
  • 15 ml sout
  • 25 ml gedroogde rissie (kan aangepas word na smaak)

Kook al die bestanddele saam goed deur BEHALWE die konfyt.
Verpulp dit.
Sit dan 2 liter konfyt by en kook stadig deur.
Bottel warm.

Foto en resep:  Johan du Preez (Snr)

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5