Your Recipe Blog

MAKARONILAATIKKO – MACARONI GEBAK

MAKARONILAATIKKO – MACARONI GEBAK

Na die wonderlike gesprek vandag op Skype deel ek graag ‘n baie traditionele Finse gereg wat jy op elke Finse tafel sal ontdek. Hierdie is een van daai wat jy kan verander soos dit jou pas en ‘n gunsteling by die kinders.

  • 400 g “elbow” macaroni
  • 1 ui, opopgekerf
  • 2 knoffel huisies, gekneus
  • 400 g maalvleis (daar moet bietjie vet wees)
  • 2 vleisaftreksel blokkies
  • 5 ml paprika
  • 15 ml gemengde droë kruie
  • vars gemaalde swart peper, na smaak
  • 3 eiers
  • 700 ml melk
  • knippie nutmeg
  • sout en peper

Verhit die oond na 175 ºC en plaas die rak op die onderste gedeelte van die oond.
Kook die macaroni volgens die aanwysings op die pakkie.
Sny die uie op in blokkie en braai in bietjie olie. Voeg die knoffel by. Braai bietjie saam, maar wees versigtig om nie die knoffel te brand nie,
Voeg nou die maalvleis by en braai tot mooi bruin. Die kruie, paprika en vleisaftreksel blokkies kan nou bygevoeg word. Dit klink miskien na baie en die maalvleis proe dalk baie sout op hierdie stadium, maar die macaroni absorbeer die geure en die eind produk is glad nie souterig nie.
Tap die water van die macaroni af voeg dan die maalvleis mengsel by. Meng goed saam.
Skep  alles in ‘n gebotterde oondpan.
Meng die eiers en die melk saam. Voeg so ‘n knippie nutmeg by en jy kan ook sout en peper byvoeg as jy wil.
Skep die melkmengsel oor die macaroni en plaas in die oond vir ongeveer 45 min of totdat die eiermelkmengsel gestol het.
Laat staan vir so 10 min voordat dit bedien word.
Bedien met ‘n lekker slaai en die kinders sal seker van tamatiesous of sweet chili sous hou.

Nota:
Hierdie resep kan aangepas word soos dit elke familie pas en elke Finse Ma het haar eie manier van hom te maak.

Resep en foto: Wilanda Räsänen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page