Your Recipe Blog

MAGWINYA’S – SOET VETKOEK

Recipe by
| Servings: 20 balls

MAGWINYA’S – SOET VETKOEK

  • 6 koppies koekmeel
  • 75 g suiker (¼ koppie)
  • knypie sout
  • 10 g pakkie suurdeeg
  • warm water
  • olie vir diep braai

Meng al die droë bestanddele goed saam.
Voeg warm water, bietjie vir bietjie by en knie tot jy ‘n sagte, elastiese deeg kry.
Plaas deeg in ‘n bak, bedek met ‘n doek. Laat staan in ‘n warm plek vir 1 uur om te rys. Knie die deeg af en maak bolletjies met die deeg. Grootte volgens jou smaak.
Plaas genoeg olie in pot vir diep draai en laat warm word. Toets met ‘n kleinstukkie deeg, sit in die olie en as hy dadelik opkom, is die hitte van die olie reg. Pasop as die olie te warm is sal die vetkoek rou bly in die middel en te donker wees buite om.
Plaas bolletjies deeg daarin. Laat bolletjies goudbruin bak en draai dit om sodat ander kant ook goudbruin bak.
Ek het 20 vetkoekies uitgekry.

Foto en resep : Santie Carelse

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page