MAGDA SE KORLOSE SOUTTERT
Resep en foto: Ilze Jacobs
My ma se korslose souttert… heerlik en goedkoop vir ‘n naweek middagete.
- 3 eetlepels botter
- 1 ui, gekap
- 6 – 8 snye brood (korsies is 100%), in blokkies gesny
- 2 koppies melk
- 250 g gerasperde of fyngedrukte viennas
- 2 koppies gerasperde kaas
- 3 eetlepels gekapte pietersielie
- 4 eiers
- sout en peper na smaak
- Opsioneel:
- spek, gekapte aspersies, blikkie sampioene, soutvleis, babaspinasie
- Braai die uie in die botter tot sag.
- Voeg die brood en melk by, bring tot kookpunt en prut 5 minute.
- Laat effens afkoel.
- In ‘n mengbak, meng die afgekoelde uiemengsel met die res van die bestanddele.
- Plaas in ‘n gesmeerde oondbak en bak 45 – 60 minute by 180°C tot deurgaar.
- Koel af vir 10 minute en bedien.
Category:












