MAGDA SE BOELIEBIEF POFFERTJIES
Ek het dit by ‘n eertydse vriendin gekry, vandaar die naam. Hierdie is ‘n regte ou staatmakertjie in my huis. Vanoggend weer vinnig gebak.
- 1 blik boeliebief, grof gerasper
- 1 groot ui, grof gerasper
- 2 koppies koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- 2 eiers, effe geklits
- ¾ koppie melk
- ¼ teelepel sout (ek vervang die sout met ‘n half teelepel Barbeque spice of Aromat)
Meng alles goed saam, en bak teelepels vol in matig warm olie tot goudbruin.
Dreineer op kombuispapier. Sit voor met sweet chilli of mosterd doopsous.
Resep en foto: Anna Venter
Die is n Baie lekker resep