Your Recipe Blog

MAGDA SE BIERBOKSKOEK

Recipe by
Cook: 30 tot 35 minute

MAGDA SE BIERBOKSKOEK

Ek gebruik hierdie resep vir enige verjaardag koeke. Kan ook in gewone koekpanne gebak word.
Hierdie koek bak perfek ook in die groot foil panne, soos op die foto.

  • 500 ml kookwater
  • 250 ml sonneblomolie
  • 150 ml kakao
  • 10 ml vanilla geursel
  • 4 x 250 ml koekmeel
  • 6 teelepel bakpoeier
  • 3 x 250 ml suiker
  • 6 exstra groot eiers
  • 5 ml sout

Meng die kookwater, kakao en olie saam en laat staan om af te koel.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Klop die suiker en eiers tot lig en donsig en voeg die vanilla by,  klop goed.
Meng al die bestandele (3 mengsels) saam tot goed gemeng, skep in ‘n bierboks wat uitgevoer is met foelie (spuit) of in ‘n voorbereide oondpan (36 x 26 cm).
Bak vir 30 – 35 min op 180 °C of tot gaar.
Laat heeltemal afkoel in die bierboks en versier soos verkies.

Nota:
Laat die kakao uit as jy ‘n vanillakoek wil bak, vervang dit dan net met koekmeel.

Resep: Magda Van Der Merwe
Hooffoto:  Elasbie Templeton
Foto 1: Marieta James
Foto 2: Elsa du Plessis

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page