MACARONIGEBAK
- 1 pakkie spek, opgesny en liggies gebraai
- 2 koppies spinasie
- ½ pak sampioene, opgesny
- ½ koppie gerasperde kaas
- 2 koppie kookwater
- ½ koppie melk
- ½ koppie tamatiesous
- 250 g droë macaroni
- origanum, sout, peper, knoffelsout en suiker na smaak (ek gooi gewoonlik teelepel van elk in)
- ekstra gerasperde kaas
Stel oond op 180°C.
Meng alles saam in ‘n mengbak.
Skep in gesmeerde oondskottel en plaas aluminium foelie bo op.
Bak 25 minute by 180°C.
Stooi ekstra kaas bo-oor en bak verder 5 minute sonder foelie.
Geniet!
Geniet!
Nota:
Jul kan dit vermeerder na 500 g macaroni, vermeerder net kookwater na 3 koppies en melk na 1 koppie.
Resep en foto: Elise Venter
Category: