MACARONI MAALVLEISGEREG
Resep: Lorraine Weitz Brand
Foto: Renate Visser
Ek het hierdie resep vanaand gemaak, maar het nie minestrone soup gebruik nie, maar wel pakkies beef- en tamatiesop en dik wit uiesop gemeng. Smaak baie lekker.
- 1 kg maalvleis
- 250 g (600 ml) macaroni, rou
- 1 blik (410 g) minestrone sop* (plaasvervanger onder aan)
- 500 ml kookwater
- sout na smaak
- 100 ml tamatiesous
- 10 ml kerriepoeier
- Plaas rou vleis in kastrol.
- Strooi macaroni stukkies oor.
- Sprinkel die sop oor en dan die kookwater.
- Voeg sout by.
- Meng tamatiesous en kerriepoeier en skep bo-oor.
- Sit deksel op en kook vir 30 min.
- Voeg nog bietjie water by as dit wil aanbrand.
- Heerlik vir ‘n vinnige ete.
- Plaasvervanging vir blikkie sop: Renate Visser
- 1 pakkie elk beef- en tamatiesop en dik wit uiesop gemeng met ongeveer ‘n koppie water en ook die 500 ml kook water bygevoeg.

