MACARONI-MAALVLEIS
Heeeeerlik verby.
- 1 kg maalvleis
- 600 ml macaroni stukkies
- 1 blik minestronesoppoeier
- 500 ml kookwater
- sout na smaak
- 100 ml tamatiesous
- 10 ml kerriepoeier
Plaas rou maalvleis op boom van groterige kastrol met dik boom. Strooi rou macaroni bo-oor.
Sprinkel die soppoeier oor giet dan die kookwater oor.
Strooi sout oor. Meng tamatiesous en kerriepoeier en skep dit bo-oor.
Sit deksel op en kook ongeveer 30 minute totdat macaroni sag is, voeg klein bietjie kookwater by indien dit teen die end drooggekook het.
Sit warm voor.
Foto en resep geplaas deur Anel Engelbrecht Portela