MACARONI KOTELETTE (TJOPS)
“My ma, Ilse Verwey, het dit altyd vir ons gemaak as kinders en dit is HEERLIK!!! My kinders het 16h00 aandete geëet want… hulle vra HEELTYD… “Mamma wat ruik so lekker, kan ons proe!?”
- 5 – 7 kotelette (lamstjops)
- 1 koppie gaar macaroni, kook gaar met sout en bietjie olie in water
- 1½ koppies gerasperde kaas
- 2 uie, fyngesny
- koekmeel, vir bedekking van vleis
- beesspeserye, na smaak
- sout en peper, na smaak
- paprika, na smaak
- Sous:
- 1 koppie tamatiesous
- 1 eetlepel Bisto
- 1 eetlepel witasyn
- 1 eetlepel Worcestershiresous
- 1 koppie warm water
Strooi sout en peper op kotelette aan beide kante.
Strooi meel in bord en druk kotelette daarin; druk meel lekker vas teen kotelette.
Stooi beesspeserye oor beide kante van die kotelette. Braai in pan met bietjie olie tot bruin. Braai fyngesnyde uie in dieselfde pan tot goudbruin. Pak kotelette in oondpan, plaas uie op vleis en besprinkel met bietjie paprika.
Meng sousbestanddele en giet oor vleis.
Maak toe met foelie, bak in 180 °C oond vir 1½ – 2 ure. Vleis moet sag wees (uitmekaar val). Strooi gaar macaroni oor gaar vleis; werk dit in sous in. Strooi kaas oor en bak tot dit smelt.
Resep en fotos: Ilzette Feyt