MACARONI, KAAS EN BILTONGGEBAK
- Braai saam:
- 1 gekapte ui
- 2 gekapte knoffelhuisies
- Roer by:
- 1 pak gekookte, gedreineerde macaroni
- 2 koppies gerasperde kaas
- 1 koppie geelvet biltong
- Klits saam in groot beker:
- 250 houer room
- 3 koppies melk
- 4 eiers
- 1 pak wit uiesoppoeier
- Ekstra:
- gerasperde kaas
Skep macaronimengsel in ‘n diep oondbak.
Meng die room en soppoeiermengsel goed tot alle klonte uit is.
Roer die roommengsel by die macaronimengsel en strooi nog kaas bo-oor.
Bak vir 45 minute tot gaar en bruin.
Resep en Foto: Natacha Visagie
Category: