Your Recipe Blog

MACARONI EN KAAS MET SPEK

Recipe by
Cook: 30 - 40 minute

MACARONI EN KAAS MET SPEK

Jammer vir die swak foto! Ek het eers nadat almal begin skep het onthou om ‘n foto te neem, en nou ook nog met my swak foon-kamera ook! 🙈 Hoop iemand maak dit en neem vir ons ‘n mooi foto.

  • 500 g macaroni
  • 2 pakkies spek, met vetrandjie
  • 1 medium groen soetrissie
  • 1 medium ui
  • 1 pakkie wit uiesoppoeier
  • 3 koppies volroom melk
  • 1 koppie room (kan met melk vervang word)
  • 4 eiers
  • 2 groot ryp tamaties
  • 2 – 3 koppies gerasperde kaas
  • sout en swartpeper

Maak die macaroni gaar volgens die intruksies op die verpakking.
Dreineer in ‘n vergiettes en hou eenkant.
Braai spek, gekapte ui en soetrissie tot sag en deurskynend (ui).
Meng spekmengsel met die pasta.
Skep in gespuite/gesmeerde oondbak. Sny tamaties in skyfies en pak bo-op. Sprinkel sout oor. Klits melk, room, eiers en soppoeier saam.
Giet oor pasta. Sprinkel gerasperde kaas oor. Maal swartpeper bo-oor en bak in voorverhitte oond by 180°C vir 30 – 40 minute.

Resep en foto: Gillian Kruger Vermeulen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page