Your Recipe Blog

MACARONI EN KAAS MET RUSSIANS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 minute

MACARONI EN KAAS MET RUSSIANS

Naand almal. Ons het nou reënweer en ek het besluit om Mac and Cheese te maak.

  • 1 pak macaroni, gekook
  • 3 Russians, fyn opgesny en/of 200 g spek, gesnipper
  • 800 ml melk
  • 3 desertlepels Maizena (37.5 ml)
  • 3 eiers, geklits
  • sout en peper, na smaak
  • 3 koppies gerasperde Cheddarkaas
  • tamatiesous
  • pietersielie
  • 2 teelepes fyn knoffel

Smeer ‘n groot oondbak, skep helfte van die macaroni in die bak, sprinkel die Russians/spek oor, sprinkel kaas en gooi tamatiesous mildelik bo-oor. Herhaal die tweede laag.
Sprinkel pietersielie bo-op.
Meng die geklitste eiers met melk, fyn knoffel, sout, peper en Maizena en giet versigtig oor die macaroni gereg in die bak.
Bak ongeveer 45 min of langer op 180°C.

Resep geplaas deur Hannie Steyn
Foto: Hannie Steyn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page