Your Recipe Blog

MACARONI EN KAAS MET ‘N TWIST

MACARONI EN KAAS MET ‘N TWIST

  • Braai saam:
  • 250 g spek, gesnipper
  • 1 groot ui, fyngesny
  • 1 pakkie knopie sampioene, opgekerf
  • Voeg daarby en braai tot gaar:
  • 800 g maer bees maalvleis
  • 2 teelepels braai speserye
  • Kook tot net sag nie pap:
  • 1 pak (500 g) macaroni

Smeer of spuit ‘n oond pan en skep gaar macaroni in die pan.

  • Witsous:
  • 100 g magarien
  • 3 hoogvol eetlepels koekmeel
  • ±1 liter melk
  • 1 teelepel droë mosterd
  • 2 teelepels Aromat
  • ½ teelepel swartpeper
  • 1 hoogvol koppie gerasperde kaas

Smelt botter en voeg meel by. Voeg melk by en roer aanhoudend met houtlepel tot glad.
Voeg nou by speserye en kaas. Meng goed tot kaas gesmelt is. As sous te dik is, voeg nog bietjie melk by.
Skep vleis mengsel op macaroni, skep witsous oor en sprinkel ekstra kaas oor.
Sit in oond by 180ºC tot kaas gesmelt is.

Resep en foto’s:  Alta Gunter Van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5