MACARONI-EN-KAAS MET MAALVLEIS
- 1 pak macaroni
- 2 teelepels sout
- bietjie olie
- 2 uie, fyngekap
- ½ teelepel droë gemengde kruie
- 1 groen soetrissie, in blokkies gesny
- 500 g maalvleis
- 100 g gekapte sampioene
- 1 teelepel hoenderspeserye/braaivleisspeserye
- ½ koppie gerasperde cheddarkaas
- Witsous:
- 5 eetlepels botter
- 166 ml koekmeel
- 1,5 liter melk
- 2 ml sout
- knypie peper
- 1 ml droë mosterdpoeier
- 1 koppie gerasperde cheddarkaas
Stel oond op 180ºC.
Kook die macaroni in borrelende water waarby bietjie sout en olie gevoeg is tot net gaar.
Dreineer, roer bietjie olie deur en hou eenkant tot benodig.
Verhit die olie en soteer die uie en kruie tot die uie sag is.
Voeg die soetrissie by en soteer nog bietjie.
Roer die maalvleis, speserye en sampioene by en soteer nog 2 minute. Verwyder van hitte.
Witsous:
Smelt die botter in ‘n groot kastrol. Roer koekmeel by tot gemeng.
Voeg warm melk stadig by terwyl geroer word sodat dit nie klonte vorm nie. Kook oor matige tot witsous dik is.
Geur met sout en peper.
Meng die mosterdpoeier met bietjie van die witsous tot glad.
Voeg die mosterdmengsel by die witsous, roer deur en laat nog 2 minute lank kook. Verwyder van hitte.
Roer die helfte van die kaas by en meng goed.
Meng macaroni en maalvleismengsel.
Skep die helfte van die macaronimengsel in ‘n oondbak van 18 x 26 cm wat met kossproei bespuit is.
Skep die helfte van die witsous bo-oor, gevolg deur oorblywende macaronimengsel.
Skep oorblywende witsous bo-oor en sprinkel die kaas oor.
Bak vir 20 minute of tot kaas goudbruin bo-op is.
Variasie:
Vervang die maalvleis met 2 koppies gekerfde biltong en laat die speserye en sampioene uit.
Resep en foto: Louisa Hollenbach