Your Recipe Blog

MACARONI EN KAAS BURGER

MACARONI EN KAAS BURGER

Ek het “Mac and Cheese” burger gemaak, die “buns” is mac and cheese. ek’t ‘n video gesien met die resep en dit gevolg, sal dit nou vir julle deel het sommer “crumbled mushrooms” by gemaak.

  • 1 pak pasta skulpies
  • 2 eetlepels koekmeel
  • 3 eetlepels botter
  • 2 koppies melk
  • 2 koppies room
  • 4 koppies kaas
  • sout en peper na smaak
  • 4 eiers geskei
  • Kellogg’s krummels
  • koekmeel
  • kook olie vir diepbraai
  • burger patties
  • spek
  • uie
  • blaarslaai
  • tamatie

Kook pasta tot sag en dreineer.
Smelt botter in pot, roer meel by.
Voeg nou melk en room by.
Kook tot dit effe verdik het.
Sit peper en sout na smaak by.
Sit plaat af, voeg kaas by en roer tot dit gesmelt is.
Skep oor pasta en roer goed deur.
Skep pasta uit op gespuite bakplaat en versprei eweredig. (grotterige bakplaat)
Sit bakplaat met pasta in vrieskas vir teminste ‘n halfuur of tot gestol.
Druk sirkels uit. (Ek het 12 uitgedruk gekry, hang af van grootte van sirkels)
Rol die “buns” sirkels in meel dan in geklitste eierwit en dan in die krummels.
Braai in olie tot goud bruin en sit op kombuis papier.
Maak patties en spek gaar.
Bou nou die burger met blaarslaai, patty, tamatie, uie en spek.
Geniet.
Resep:  Myburgh Streicher van Zyl
Foto en resep aangepas: Marlé Brits

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5