Your Recipe Blog

MACARONI EN KAAS “BUN” BURGER

MACARONI EN KAAS “BUN” BURGER

Het nie ‘n spesifieke resep nie, maar dit was net ‘n lekker “whacky” eksperiment wat baie reaksie gekry het! Macaroni en Kaas “Bun” Burgers. As jy ‘n lekker stywe Macaroni en Kaas gebak het wat oorgebly het…

  • macaroni en kaas
  • eiers
  • koekmeel
  • broodkrummels
  • olie vir diepbraai

Sny die koue macaroni en kaas in sirkels en plaas in vrieskas vir so ½ uur tot ‘n uur om goed vorm te hou. Klits eiers goed in mengbak. Rol macaroni- en kaassirkels in bietjie koekmeel, dan in eier en dan in broodkrummels. Maak seker dis goed bedek.
Herhaal indien nodig.
Braai gekrummelde sirkels in diep olie tot goudbruin. Dreineer op kombuis papier. Gebruik dit as die broodrolletjie vir jou gunsteling burger. Bon Apetit!

Resep en foto: Johann Becker

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page