MAC D SE “COPYCAT” APPELTERTJIES
Hierdie is nie my oorspronklike resep nie. Ek het hom aangepas om my te pas. Ek het ‘n hele pak appels opgekap in blokkies. Ek het grootmaat gemaak, want ek het dit op ‘n stadium verkoop.
- 1 rol skilferkorsdeeg
- 4 appels, opgekap
- 4 of 5 eetlepels bruinsuiker
- 1 teelepel kaneel, of so bietjie meer na smaak.
- 1 teelepel meutmuskaat
- 1 teelepel gemmer
- ½ koppies korente
- olie om in te bak
Kook alles saam tot lekker sag.
Rol die deeg uit en sny oor die dwarste lang repe.
Sit ‘n bietjie vulsel in die middel en maak die kante nat met jou vinger in water gedoop.
Vou toe en druk stewig vas.
Bak in warm olie tot mooi goudbruin.
Bedien so bietjie warm met ‘n lekker blob spuitroom.
Foto: Louise Gouws Steyn












