Your Recipe Blog

MAANLIGTERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: ongeveer 40 minute

MAANLIGTERT

Voorverhit die oond tot 180°C.

  • Vryf saam in:
  • 125 g margarien
  • 1 ½ koppie bruismeel
  • ¼ teelepel sout
  • ½ koppie suiker
  • Meng meelmengsel met:
  • 1 geklitste eier
  • 1 eetlepel melk
  • Ekstra:
  • appelkooskonfyt

Druk die deeg vas op die bodem en kante van ‘n gesmeerde plat tertbak.
Druk gaatjies in die bodem van die kors en bak vir 10 minute.
Haal uit en smeer fyn appelkooskonfyt oor kors.

  • Vulsel – Klits die volgende saam:
  • 1 koppie suiker
  • 1 eetlepel sagte margarien
  • 2 eiers
  • knippie sout
  • Voeg die volgende by:
  • 1 koppie klapper
  • ½ teelepel amandelgeursel
  • 1 teelepel karamelgeursel

Skep die klappermengsel in die kors.
Bak weer tot die bokant van die tert mooi goudbruin is en die tert in die middel gestol is, ongeveer 20 – 30 minute.
Laat afkoel en bedien.

Foto: Meisie Van Der Colff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page