MAALVLEISPASTEIROL IN DIE SWARTPOT
Ek het gisteraand die lekker maalvleis in skilferkors in my swartpot gemaak dit was gjeeeeeerlik.
- 500 g rou maalvleis (selfgemaak)
- 1 pakkie blokkies rou spek
- 1 rol skilferdeeg
- kruie en speserye na smaak
- 1 geklitste eier
- Smoor die volgende saam:
- ½ groen soetrissie
- 1 ui, geskil en gekerf
- 5 sampioene, gekerf
Meng die smoorsel met die maalvleis en spek en voeg die speserye en kruie van jou keuse by. Meng goed.
Neem ‘n rol skilferkors deeg en halveer dit.
Rol dit oop en rol effens dunner met ‘n roller.
Lê die twee dele deeg langs mekaar in die lengte en heg die twee punte.
Jy het nou ‘n lang deeg.
Plaas die vleismengsel op die een deel van die deeg, smeer die rante met eier, vou die deeg toe en druk vas met ‘n vurk.
Nou het jy ‘n lang deeg wors met die vulsel in.
Rol dit op in ‘n platboom pot met die naat van die deeg op die bodem van die pot en sny met ‘n mes elke 50 mm ‘n kepie in die deeg se bokant. Sit die deksel op.
Bak op stadige kole vir ‘n uur met baie kole bo op die pot wat met “spray en cook” gespuit is.
En siedaar…. heerlike maalvleispasteitjies op die kole!!!!
Resep en Foto: Gideon Louw