MAALVLEISPASTEI MET SKONDEEG
- 800 g maalvleis
- sout en peper na smaak
- 60 ml koekmeel
- 1 blik gekapte tamaties met knoffel
- 15 ml tamatiepasta
- 250 ml vleisaftrekstel
- 1 groen soetrissie, fyn gekap
- 1 medium ui, fyn gekap
- 20 ml suiker
- Deeg:
- 375 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 4 ml sout
- 80 ml olie
- 1 eier, geklits
- 100 ml melk
Voorverhit die oond tot 180°C. Bespuit ‘n medium oondvaste bak.
Braai die uie en soetrissie in bietjie olie tot sag.
Voeg die maalvleis by en braai nog bietjie.
Voeg sout en peper by na smaak.
Voeg die koekmeel, blik tamaties, tamatiepasta, suiker en aftreksel by.
Verlaag die hitte en prut so 15 minute lank, stadig. Roer gereeld.
Verwyder van hitte en skep in oondvaste bak.
Deeg:
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Klits die olie, eier en melk saam en voeg by die meelmengsel.
Resep en foto: Amanda Austin












