Your Recipe Blog

MAALVLEISPASTEI MET KAPPOKAARTAPPELS

MAALVLEISPASTEI MET KAPPOKAARTAPPELS

  • 800 g maalvleis
  • olie
  • ½ blikkie tamaties, fyn gekap (425 g )
  • 2 medium wortels, geskil en fyn gerasper
  • 1 medium ui, fyn gekap
  • 5 cm sny witbrood, korsies verwyder, in melk geweek
  • 15 ml kerriepoeier
  • sout en peper na smaak
  • 5 ml suiker
  • 15 ml Worcestersous
  • Bolaag:
  • 7 medium aartappels, in stukke gesny en sag gekook
  • sout en peper na smaak
  • 150 ml melk
  • 2 ml bakpoeier
  • 50 g botter of margarien
  • Ekstra:
  • klontjies botter vir bo op

Spuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
Braai die uie in die olie tot sag en glasig. Voeg die wortels by. Braai 1 min lank.
Voeg die kerriepoeier by, en sorteer so 30 sekondes lank. Voeg die maalvleis by en roer deur.
Druk die melk uit die brood, en voeg die brood, tamaties, suiker, sout, peper en Worcestersous by. Laat prut stadig tot gaar.
Skep die vleismengsel dit in die oondbak.
Maak intussen die aartappels fyn, voeg die melk, bakpoeier en botter by. Druk tot fyn en glad.
Skep bo-oor die vleismengsel en maak gelyk.
Stip met botter en sit die oond op “grill” van bo af, totdat dit mooi bruin is.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page