Your Recipe Blog

MAALVLEISPASTEI MET GROENTE

MAALVLEISPASTEI MET GROENTE

  • 1 groot ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 15 ml olie
  • 750 g maalvleis
  • 250 ml gemengde gevriesde groente
  • 1 groot aartappel, in blokkies
  • 1 x 410 g blik gekapte tamaties
  • sout en peper
  • 15 ml Worcestersous
  • 5 ml suiker
  • 10 ml bruinsouspoeier
  • 15 ml mielieblom
  • 125 ml water
  • 125 ml rooiwyn
  • 1 rol blaardeeg
  • 100 g gerasperde kaas
  • 45 ml gekapte pietersielie
  • 15 ml gekapte vars tiemie
  • 1 eier geklits met bietjie melk

Verhit oond tot 180°C.
Soteer ui en knoffel in olie.
Voeg maalvleis by en verbruin.
Voeg groente by en kook tot byna sag.
Voeg aartappel en tamatie by en kook tot sag.
Voeg geurmiddels en Worcestersous en suiker by.
Meng souspoeier en mielieblom met die water en wyn en voeg by vleismengsel.
Kook tot effens verdik.
Gooi in pasteibak en laat afkoel.
Rol deeg oop.
Strooi kaas, pietersielie en tiemie oor en rol in die lengte op.
Sny in 1.5 cm skywe en rangskik bo op vleismengsel.
Verf met eier en bak vir 30 minute.

Foto en resep: Elsa Van Antwerpen Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page