Your Recipe Blog

MAALVLEISPASTEI MET FILODEEG

MAALVLEISPASTEI MET FILODEEG

  • 1 groot fyngekerfde ui
  • 4 filo velle
  • gesmelte botter
  • 1 bossie opgesnyde preie
  • 1 teelepel fyn knoffel
  • 1 kg volstruis maalvleis, of vleis van jou keuse
  • 2 koppies gemengde groente
  • 1 ½ koppie blokkie aftreksel
  • 2 eetlepels braai speserye
  • 1 hoogvol teelepel gebreekte koljander
  • 2 eetlepels suurlemoensap
  • ¼ koppie blatjang
  • Slurry:
  • 1 eetlepel koekmeel
  • 2 eetlepels Bisto
  • water

Braai die saam uie en preie saam, voeg die knoffel by.
Voeg nou die maalvleis by.
Braai dit en roer tot vleis los is.
Voeg die gemengde groente en aftreksel by.
Roer goed deur.
Voeg by geurmiddels.
Maak nou die slurry aan met water, voeg by die vleismengsel en kook goed deur.
Skep in ‘n voorbereide oondbak.
Gebruik die filo velle, smeer gesmelte botter oor elke vel en frommel dit liggies op.
Pak jou pastei toe met filodeeg.
Smeer weer liggies met botter.
Bak in oond van 180°C of tot mooi bruin.

Resep en foto:  Alta Gunter Van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page