MAALVLEIS VETKOEKIES
Ek het hierdie maalvleis vetkoekie resep jare terug gekry by ‘n tannie wat saam met my gewerk het. Ek het dit so bietjie aangepas deur die jare. Lekker peuselhappie vir hierdie inhok tyd.
- 300 g maalvleis, rou
- 1 ui, gerasper
- 1 medium wortel, gerasper
- 1 knoffelhuisie, gerasper
- paar druppels soyasous
- vars gemaalde swart pepper, na smaak
- sout, na smaak
- paprika, na smaak
- Flippen Lekka Spice, na smaak
- 2 eiers
- 1 koppie bruismeel
- 125 – 150 ml melk
- olie vir braai
Maak maalvleis fyn, voeg groente en speserye by. Voeg eiers by en roer deur. Voeg meel en melk beurtelings by tot stywe deeg.
Skep lepels vol (‘n roomys scoop week lekker) en braai in warm olie (medium hitte) tot gaar en mooi bruin.
Heerlik warm of koud. Bêre in lugdigte houer.
Resep en foto: Lizette Fulscher