MAALVLEIS, SPINASIE EN FETAKAAS QUICHE
Ek het vanaand vir die eerste keer ‘n quiche gebak vir aandete.
- Kors:
- 1 pak Bacon Kips, fyn gedruk
- 250 ml gerasperde koue botter
- 250 ml koekmeel
Meng die bestanddele saam en druk die deeg in ‘n gesmeerde quiche pan, ongeveer 30 cm vas om kors te vorm.
- Vulsel:
- 500 g maalvleis
- 5 ml knoffel
- 5 ml bruin souspoeier (Bisto)
- 1 ui, gekap
- 250 ml room
- 1 blikkie suikermielies
- 4 wieletjies Fetakaas, in blokkies gesny
- 300 g spinasie
- 6 eiers
Braai uie tot sag, voeg maalvleis by en braai tot bruin, voeg knoffel en bruin souspoeier by en braai vir 5 min.
Roerbraai spinasie tot sag, dreineer die water. Ek het die ekstra water uitgedruk.
Voeg die spinasie, Fetakaas en suikermielies by die maalvleis.
Meng die eiers en room saam voeg dit by die maalvleis mengsel.
Skep mengsel in voorbereide kors.
Daar het nog vulsel oorgebly wat ek in ‘n ekstra tertbak gesit het.
Voorverhit die oond teen 180°C en bak vir 45 min.
Foto en resep: Elna Erasmus