MAALVLEIS MET MIELIEPAPGEREG
Foto en resep: Sumi Muller
- 1 koppie mieliemeel
- 2 koppies water
- 1 teelepel sout
- 410 g blikkie suikermielies
- 1 ui, fyngekap
- 1 groen soetrissie, fyngekap
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- 1 eetlepel olie
- 400 g maalvleis
- sout, peper en Aromat na smaak
- 1 teelepel maalvleis speserye
- 1 teelepel droë basiliekruid (basil)
- 1 eetlepel blatjang
- 410 g blikkie Boerie relish
- ½ koppie gerasperde Cheddarkaas
- Voorverhit die oond tot 180°C.
- Meng die mieliemeel, water, sout en mielies en kook vir 20 min.
- Braai die uie, soetrissie en knoffel in die olie. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin.
- Voeg die sout, peper, Aromat, kruie, blatjang en Boerie relish by en prut vir 20 min tot vleis gaar is.
- Skep die pap in ‘n oondvaste bak wat gespuit is en skep die vleismengsel bo-op.
- Strooi die kaas oor en bak vir 30 min tot kaas bruin is.



Wat ñ heerlike resep. Baie dankie.