Your Recipe Blog

MAALVLEIS IN NETVET KARDOESIES

MAALVLEIS IN NETVET KARDOESIES

Ek moet nou regtig getuig van die maalvleis in netvet kardoesies, dit was heerlik!

  • 1 stuk netvet
  • ½ kg skaap maalvleis (selfgemaak)
  • 2 eetlepels Worcestersous
  • 1 eetlepels sweet chillie sous
  • 1 teelepel sout
  • ¼ teelepel peper
  • 2 teelepels sojasous
  • 1 eetlepel blatjang
  • ¼ koppie krummels
  • 1 eier
  • ¼ teelepel chillieflakes
  • stukkies kaas, 10 by 10 mm blokkies

Meng al die bestanddele saam met die vleis behalwe die netvet en die kaas blokkies.
Maak kleinerige balletjies van die mengsel, druk ‘n blokkie kaas in die middel en rol dit mooi toe.
Plaas die balletjie in die middel van ‘n stukkie geknipte netvet, knoop dit dan soos ‘n kardoesie toe en bind vas met ‘n toutjie.
Braai op redelike skerp kole tot gaar en die vet krakerig en bros is.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page