MAALVLEIS- EN RYSGEREG
- 1½ koppie rys
- 700 g maalvleis
- 250 g sampioene
- 1 gekapte ui
- 1 pakkie bees en groente soppoeier
- ½ pakkie sampioen soppoeier
- 1 blikkie gekondenseerde sampioensop
- 1 blikkie “Mediterranean Style (Tomatoes, Aubergines and Courgettes)”
- Aromat
- peper na smaak
- knippie naeltjies
- 500 ml koue water
Gebruik ‘n oondvaste bak met ‘n deksel, smeer die bodem met olie. Plaas die rou rys onder in die bak en sprinkel sout oor. Braai die ui en sampioene saam tot mooi bruin, voeg dan die maalvleis by en braai maalvleis tot half gaar. Voeg die sout, Aromat, peper en naeltjies by die vleismengsel en meng goed. Skep die maalvleis mengesel bo-oor die rys in die bak.
Voeg die blikkies met die groente en sampioensop by.
Meng die pakkies soppoeiers met water en giet oor die vleismengsel.
Bak vir 1 uur 20 minute teen 180°C.
Resep en foto: Heleen Brümmer Nel