Your Recipe Blog

MAALVLEIS EN RYS GEBAK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 min.

MAALVLEIS EN RYS GEBAK

  • 250 g spekvleis, gekap
  • 250 g sampioene, in skyfies gesny
  • ½ rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • ½ groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • olie
  • 1 ui, gekap
  • 2,5 ml fyngekapte knoffel
  • 2,5 ml gemengde, gedroogde kruie
  • 2,5 ml gedroogde basiliekruid
  • 500 g maalvleis
  • 1 eetlepel Worcestersous
  • 2 eetlepel blatjang
  • 1 ml sout
  • swartpeper na smaak
  • 1 pakkie “potato bake”
  • 187 ml warm melk
  • 1 koppie room
  • 2 koppie gaar rys
  • 1 koppie kaas, gerasper

Stel oond op 180ºC.
Smeer ‘n diep oondbak.
Braai spek en sampoeine en soetrissies saam in bietjie olie en skep uit en hou eenkant.
Braai ui, knoffel en kruie  in dieselfde pan en sodra die uie deurskynend is, voeg die maalvleis by.
Voeg geurmiddels by en braai 5 min.
Maak “potato bake” met die warm melk aan. Roer die room by.

Nota:
Indien die mengsel bietjie droog lyk kan die roommengsel met bietjie water aangevul word.
Skep gaar rys onder in die voorbereide bak, gevolg deur spekvleismengsel, maalvleismengsel en “potato bake” sous.
Strooi kaas oor en bak 25 minute.
HEERLIK!!!!!!!!!!!!!!!

Foto: Benhet Nieuwenhuis

2 Reviews

  1. Marlene Vermeulen

    Die resep sê : maak potato bake aan met warm melk. Roer room en water by. Maar die bestanddele sê niks van hoeveel water nie

    Star
    • Hi Marlene jammer ek antwoord jou nou eers, maar die persoon wie se resep dit is kan nie onthou nie, dit wil vir my voorkom dit is ‘n aanpassing wat gemaak is van ‘n resep wat met rou rys gemaak word en dan kom daar water by, maar omdat daar in hierdie een gaar rys is, sou ek die water net uitgelaat het, daar is genoeg vloeistof sou ek dink. Laat weet asb wanneer jy dit maak, ek sal jou terugvoer waardeer.
      Groete
      Rina

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page